Khama Renoster Park.

‘n Ware eko-toerisme bestemming met selfsorg akkommodasie

‘n Ongelooflike wildreservaat in Botswana.
STUUR EPOS
TUISBLAD
Tel +27 (0) 21 855 0395
PRYS EN BESPREKINGS BOTSWANA AKKOMMODASIE

ENGLISH

ANDER NABY LODGE GESKIEDENIS
Parkfooi en voertuigfooie is betaalbaar met aankoms (Plus P2 tourisme fooi per persoon per nag)
Rhinos in Khama Rhino Sanctuary Botswana
 

Of jy nou op een van die goed versorgde kampplekke naby skoon ablusiegeriewe uitkamp, of in een van die gerieflike goed-toegerusde chalets met en suite storte en toilette tuisgaan, jy gaan jou verblyf by die Khama Renoster Park terdeë geniet.

Die kampeerterrein en chalets by die Mokongwa Kamp is net ‘n klein entjie van die Ingangshek, en kan sonder ‘n viertrekvoertuig bereik word. Die chalets is baie gewild, dus word jy aangeraai om vroeg te bespreek. Dit is ideaal vir diegene wat selfsorg-verblyf verkies. Die landelike chalets kan vier mense huisves. Elke chalet het ‘n toilet en stort, en suite en met warm water. Beddegoed en handdoeke word ook verskaf.

Daar is braaiplek, braairooster, kraan en voëlbadjie by elke Mokongwa-boom. Basiese kooktoerusting en breekgoed word verskaf, maar geen stoof of yskas word voorsien nie.

Daar is 13 kampplekke, wat plekke vir groter groepe insluit. Die sentrale kenmerk van elke kampplek is ‘n groot Mokongwa-boom wat atmosfeer en skaduwee gee. Daar is ook ‘n braaiplek, braairooster, kraan en voëlbadjie. Die kampplekke word deur twee gemeenskaplike ablusieblokke bedien.

Daar is ook ‘n A-raam dubbelverdieping chalet wat tot ses gaste kan huisves, terwyl die drie vierkantige grasdakhutte elk twee mense kan huisves. Elk hiervan het ‘n braai-area en wasgeriewe en is dus ideaal vir rugsakreisigers (“backpackers”).

Khama Rhino Sanctuary maak daagliks om 8:00 oop en sluit om 19:00. Indien jy buite hierdie ure gaan arriveer, moet jy spesiale reëlings tref. Wanneer jy by die Sanctuary aankom (wat deur baie mense as ‘n Botswana Nasionale Park bestempel word), sal jy deur vriendelike personeellede aantref wat alle vrae wat jy oor die Khama Renoster Park en enige ander Botswana Nasionale Park mag hê, sal beantwoord. Daar is ook ‘n snuisterywinkel wat verskillende soorte plaaslike handwerk, boeke, kaarte, aandenkings en poskaarte verkoop.

AKTIWITEITE: Die paaie in die Khama Renoster Park word goed onderhou, in vergelyking met die in ander Nasionale Parke in Botswana. Jy kan dus self bestuur in twee-wiel- en vierwiel-aangedrewe voertuie.

Begeleide wildbesigtigingsritte, renoster-roetes en natuurwandeltogte kan bespreek word, en goed-opgeleide en kundige Bewaarders hou toesig hieroor. Oggend- en aandwildritte is beskikbaar.

self-catering unit Khama Rhino sanctuary Botswana
Khama Rhino bungallow

twin bedroom khama rhino sacntuary botswana

 
khama rhino room
BOTSWANA AKKOMMODASIE

Khama Renoster Park is nie ver van Francistown, Botswana se tweede grootste stad nie. As jy van ons akkommodasie hou behoort jy ook van Woodlands se selfsorg akkommodasie en kampering te hou. Indien jy egter is meer luukses verkies kan jy gerus die Thapama Hotel in die middestad of die Marang Gardens Hotel effens buite Francistown oorweeg.

As jy Khama Renoster Park as oornag akkommodasie gebruik tussen Gauteng en die Okavango Delta moet jy probeer om twee nagte te bly. Die park bied soveel meer as net akkommodasie. Gebruik die webtusite Maun akkommodasie om jou akkommodasie by Maun te soek. Baie mense ry van Khama Renoster Park na die Chobe Nasionale Park. Nata Lodge is ongeveer halfpad tussen Khama Renster Park en Chobe Nasionale Park en bied uitstekende akkommodasie.

NAMIBIE

Jou volgende besoek kan gerus die Caprivi in noorde van Namibië met sy volop uitstekende akkommodasie wees. Vanaf die Caprivi kan jy gerus Weswaarts na Etosha Nasionale Park ry en twee nagte by Halali die mees sentrale akkommodasie in Etosha vertoef. In Swakopmund, die kusdorp beveel Khama Rhino Park die luukse Swakopmund Hotel en Vermaaklikheidsentrum aan. Jy sal egter moet oornag tussen Khama Renoster Park en Swakopmund en ons beveel die bekende Windhoek Country Club en Casino in Windhoek die hoofstad van Namibië aan. Terwyl jy in Namibië is moet jy verseker ook Sossusvlei met sy enorme sanduine besoek. Sossusvlei Desert Kamp bied selfsorg akkommodasie in wat beter is as die van Khama Renoster Park

ZIMBABWE AKKOMMODASIE

Zimbabwe lê net oos van Botswana en Khama Rensoter Park. Die land is 'n droom bestemming vir eko-toeriste. Hwange Safari Lodge in die Hwange Nasionale Park bied luukse akkommodasie, maar selfsorg akkommodasie is wel beskikbaar in die park.